Behoud van massa
Voorkoms
Die wet van behoud van massa sê dat die hoeveelheid massa in 'n geïsoleerde sisteem oor 'n tydsbestek konstant sal bly. Dit beteken dat die atome van 'n voorwerp nie geskep of vernietig kan word nie, maar slegs rondgeskuif of in ander deeltjies verander kan word. As 'n chemiese reaksie twee verskillende atome in 'n nuwe produk verander, sal die massa van die reaktante (chemikalieë voor die chemiese reaksie) dieselfde wees as die massa van die reaksieproduk (die nuwe verbinding). Die wet is aanvanklik deur Antoine Lavoisier in die 18de eeu voorgestel. Kernreaksies kan egter massa na energie omsit volgens die bekende Einstein se vergelyking:
Waar:
- E = Energie
- m = massa [kg]
- c = spoed van lig [m/s]
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Behoud van energie (Eerste wet van termodinamika)
- Tweede wet van termodinamika
- Chemiese ewewig